Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA...

9
Committee Members and Collaborators Chairperson: Andrew Kok 082 500 6758 [email protected] (Continued) Adres/Address: Posbus/PO Box 4674, Tygervallei 7536 Telefoonnavrae/Telephonic enquiries: Andrew Kok 082 500 6758 E-pos/e-mail: [email protected] Webadres/website: www.genza.org.za Facebook: http://www.facebook.com/pages/GGSA-Wes-Kaap/ Uitgawe/Issue 2016/1 Inhoud/Contents Message from the Editors All our best wishes to our members and associates for a productive and enjoyable ge- nealogical year There have been some changes to our Committee. Please see page 3 for details Ria van den Heever and Phil Beck GGSA Jaarvergadering op Potchefstroom 11-12 Maart 2016 Gedurende die naweek van 11 en 12 Maart 2016 was die Noord-Westak op Potchefstroom die gasheer van die Algemene Jaarvergadering van die GGSA. Ten spyte van digte mis en gure weer op OR Tambo Lughawe kon takverteenwoordigers dit darem almal maak om die vergadering by die Christa Galli Gastehuis by te woon. Nadat afgevaardigdes op ‘n heerlike ete getrakteer is kon die vergadering na middag-ete afskop. Die sakelys is behendig afgehan- del deur die Presidente, mev Petro Correejes-Brink. Een van die belangrike punte wat die middag hanteer is, was die goedkeuring van die nuwe gewysigde Grondwet van die Genootskap. Alhoewel dit nie wesentlike veranderinge meegebring het nie is dit belyn met belastingvoorskrifte en gepaardgaande wetgewing. Die middag is afgesluit met die verkiesing van die nuwe Nasionale Uitvoerende Komitee. Die nuwe President is Simon du Plooy, ondervoorsitter is Ferdi van Wyk, penningmeester is Banie Engelbrecht, sekretaresse is Robyn Tem- pleton en Margaret Gundry en Gerrit Muller die addisionele lede. Die aand het die tak ‘n baie gesellige Wes-Transvaal Kultuuraand aangebied. Boet Schoeman, die bekende en bekroonde mampoer- stoker het vir ons kom vertel hoe mampoer en witblits gestook word en daarna kon die gaste weglé aan al die voorbeelde wat saamge- bring is. Die “Vyand” het maar ‘n skamele 72% alkoholinhoud (foto regs). Daarna is heerlik weggelé aan ‘n heerlike ete van brode, patees en kase. Aldus Boet maak die mampoer nie dronk nie, maar net die tonge los. Die volgende oggend se strategiese sessie sou maar moes bewys of dit waar is. Editors Message 1 GGSA Jaarvergadering 1 GGSA Jaarvergadering (vervolg) 2 Vergaderingsnuus 3 Vergaderingsnuus (vervolg) 4 John Shaul VC MSM 5 Newsflashes 6 Newsflashes (continued) 7 Newsflashes (continued) 8 Genealogical Humour 9

Transcript of Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA...

Page 1: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Committee Members and Collaborators

Chairperson:

Andrew Kok

082 500 6758

[email protected]

(Continued)

Adres/Address: Posbus/PO Box 4674, Tygervallei 7536

Telefoonnavrae/Telephonic enquiries: Andrew Kok 082 500 6758

E-pos/e-mail: [email protected] Webadres/website: www.genza.org.za

Facebook: http://www.facebook.com/pages/GGSA-Wes-Kaap/

Uitgawe/Issue 2016/1

Inhoud/Contents

Message from the Editors

All our best wishes to our members and associates for a productive and enjoyable ge-

nealogical year

There have been some changes to our Committee. Please see page 3 for details

Ria van den Heever and Phil Beck

GGSA Jaarvergadering op Potchefstroom

11-12 Maart 2016

Gedurende die naweek van 11 en 12 Maart 2016 was die Noord-Westak op Potchefstroom die gasheer

van die Algemene Jaarvergadering van die GGSA.

Ten spyte van digte mis en gure weer op OR Tambo Lughawe kon takverteenwoordigers dit darem almal maak om die vergadering by die Christa Galli Gastehuis by te woon. Nadat afgevaardigdes op ‘n heerlike ete getrakteer is kon die vergadering na middag-ete afskop. Die sakelys is behendig afgehan-del deur die Presidente, mev Petro Correejes-Brink. Een van die belangrike punte wat die middag hanteer is, was die goedkeuring van die nuwe gewysigde Grondwet van die Genootskap. Alhoewel dit nie wesentlike veranderinge meegebring het nie is dit belyn met belastingvoorskrifte en gepaardgaande

wetgewing.

Die middag is afgesluit met die verkiesing van die nuwe Nasionale Uitvoerende Komitee. Die nuwe President is Simon du Plooy, ondervoorsitter is Ferdi van Wyk, penningmeester is Banie Engelbrecht, sekretaresse is Robyn Tem-

pleton en Margaret Gundry en Gerrit Muller die addisionele lede.

Die aand het die tak ‘n baie gesellige Wes-Transvaal Kultuuraand aangebied. Boet Schoeman, die bekende en bekroonde mampoer-stoker het vir ons kom vertel hoe mampoer en witblits gestook word en daarna kon die gaste weglé aan al die voorbeelde wat saamge-bring is. Die “Vyand” het maar ‘n skamele 72% alkoholinhoud (foto regs). Daarna is heerlik weggelé aan ‘n heerlike ete van brode, patees en kase. Aldus Boet maak die mampoer nie dronk nie, maar net die tonge los. Die volgende oggend se strategiese sessie sou

maar moes bewys of dit waar is.

Editors Message 1

GGSA Jaarvergadering 1

GGSA Jaarvergadering

(vervolg)

2

Vergaderingsnuus 3

Vergaderingsnuus

(vervolg)

4

John Shaul VC MSM 5

Newsflashes 6

Newsflashes

(continued)

7

Newsflashes

(continued)

8

Genealogical Humour 9

Page 2: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Committee Members and Collaborators:

Deputy chairperson:

David de Klerk

023 342-8044

[email protected]

Cemetery Project:

Alta Griffiths

083 948 5207

021 975 5491

[email protected]

Photographer:

André van Wyk

073 505 3535

021 706 1747

[email protected]

Secretary:

TBA

Newsletter Co-Editor:

Ria van den Heever

072 341 3584

[email protected]

Capensis Advisor:

Sasa Malan

021 887 4487

[email protected]

Facebook:

Mariana Olivier

082 438 9591

021 557-4355

[email protected]

(Continued)

GGSA Jaarvergadering op Potchefstroom (vervolg)

Saterdagmore is daar bietjie koppe bymekaar gesit oor hoe ‘n nuwe elektro-niese platvorm geskep kan word waar digitale data opgelaai, herverpak en

verkoop kan word.

Daarna was prof Estelle van Tonder die fasiliteerder van ‘n sessie oor die bemarking van die Genootskap (foto links). Na middagete is almal huis toe om te gaan voorberei vir die aand se

dinee.

Die gasspreker tydens die gala-dinee

was Mev Nielette Nel (foto bo regs) met ‘n boeiende praatjie getiteld: ‘n Stukkie Swede in die Suide: die

Forsman ekspidisie 1863 – werklikheid, versinsel en verlore verhale. Daarna is die onderskeie toekennings

gedoen.

Die Genealoog van die Jaar toekenning het aan Dennis

Pretorius gegaan vir sy diens aan die Genootskap en die

Kieserslysprojek (foto links). Publikasie van die Jaar het

gegaan aan Isak Bosman vir sy Dippenaarboek. Goue Ba-

niertoekennings is gedoen aan Jaco Strauss vir die DNA

projek, Ellen Harmse vir die Toere-projek, en John Wilmot

die redakteur van Chronicles. Die Noord-Transvaalprys vir

die beste artikel in Familia het ook aan Jaco Strauss en

Martina Louw gegaan vir hul artikel oor die DNA navorsing.

Andrew Kok

groet Petro

Coreejes-Brink

(foto links)

Die manne

geniet ‘n ge-

sellige glas

mampoer (foto

regs)

2

Page 3: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Committee Members and Collaborators:

Sergeant-At-Arms:

Pam Beck

021 976 2380

[email protected]

Capensis Distribution:

Max White

021 785 1650

Treasurer:

Paul le Roux

082 578 3050

021 863 4928

[email protected]

Branch Librarian:

Rini Scheffler

021 930 4881

[email protected]

Capensis Editor:

Phil Beck

082 467 7805

[email protected]

Technology &

Communications

Simone Kay

084 592 5935

021 592 5935

[email protected]

Vergaderingsnuus/Branch News - Januarie/January

Saterdag 16 Januarie 2016, 14:00

Algemene Jaarvergadering (AJV) – Wes-Kaap Tak.

Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), Pinelands, Kaapstad.

Terugvoering is gegee oor die vorige jaar se aktiwiteite.

Bestuurslede vir 2016 is verkies en bestuur se medewerkers (almal vrywilligers) is bekend gestel, v.l.n.r. :

André van Wyk (Tak fotograaf), Andrew Kok (Voorsitter), David de Klerk (Onder-Voorsitter & Projekte),

Mariana Olivier (Facebook & Lede Skyfievertoning), Max White (Distributor, Capensis), Pam Beck

(Refreshments), Paul le Roux (Tesourier), Phil Beck (Editor: Capensis & Quarterly Newsletter), Ria van den

Heever (Mede-redakteur: Nuusbrief), Rini Scheffler (Bibliotekaris), Sasa Malan (Raadgewer, Capensis) &

Simone Kay (Kennisgewings & GGSA Wes-Kaap web).

Vergaderingsnuus/Branch News - Februarie/February

Monthly Meeting: Saturday 13 February 2016, 14:00

Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), Pinelands, Cape Town.

Branch member June McKinnon (photo below) gave an entertaining presentation on some the characters

in her latest publication ‘Wine, Women and Good Hope. A History of Scandalous Behaviour in the Cape’.

3

Page 4: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Vergaderingsnuus/Branch News - Maart/March

Maandelikse vergadering:Saterdag 12 Maart 2016, 14:00

Ons ingeligte en indrukwekkende (met verwysing na die rye militêre dekorasies op sy bors) spreker by die geleentheid was Arthur Blake, ‘n afgetrede joernalis en militaris. (foto regs). As joernalis het hy verskeie artikels in Afrikaanse, Engelse, Nederlandse, Duitse en selfs Portugeuse tydskrifte gepubliseer. Hy het ‘n besondere belangstelling in die lugvaart en militêre geskiedenis, waarin hy oor die afgelope twintig jaar baie

navorsing gedoen het.

Sy fokus was veral op die nut wat militêre inligting, met insluiting van toekennings, kan bydra tot genealogie. In die breë sin is dit ‘n uitgebreide vakgebied wat ‘n storie vertel van ‘n land en sy mense, maar op individuele vlak natuurlik van ons eie voorouers,

familielede en kennisse.

Hy beklemtoon dat die meeste van dié informasie nie op die internet beskikbaar is nie,

maar weggebêre is in bergplekke soos die Militêre Argiewe in Pretoria.

Voorts vertel hy dat militêre toekennings deur verskeie transisies gegaan het na gelang van die onderskeie regerings wat aan bewind was, die verskillende oorloë waarvoor dit geld en die situasies waarop dit van toepassing is. So bestaan daar toekennings vir beide militêre en siviele prestasies. In die geskiedenis was daar verskillende toeken-nings vir mans en vroue. Interessant is dat daar na groot oorloë toekennings was aan vroue vir die aantal kinders wat hulle in die lewe gebring het om weer die uitgedunde

bevolkings aan te vul.

Medaljes kom in baie verskillende vorms voor bv. sterre, knopies, kruise, ens. Diit word gemaak van ‘n verskeidenheid van metale. Die linte waaraan die voorwerpe geheg is, het ook spesifieke betekenisse. Selfs die oorhandiging

van serpe kan ‘n vorm van eerbetoon wees.

Behalwe vir die dekorasies self is daar verskeie ander argivalia waaruit betekenisvolle inligting vir genealogiese doeleindes geput kan word

bv. medaljerolle, aansoek- en ontslagvorms, pensioenaansoeke ens.

GSSA Archive Tours

1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26 August 2016. KAB, GISA, Huguenot Museum and other. Still 6 places available.

2. Bloemfontein 23-26 October 2016. VAB, ABO Museum and other. Fully booked, but could be extended by 1 or 2 places.

Contact Ellen at 011 972 0003, 072 594 9050 or [email protected]

GGSA Argieftoere

1. Wes-Kaap vanuit Noordelike Provinsies 21-26 Augustus 2016. KAB, GISA, Hugenotemuseum en ander. Nog 6 plekke beskikbaar.

2. Bloemfontein 23-26 Oktober 2016. VAB, Oorlogmuseum en ander. Vol bespreek, maar getalle kan nog met 1 of 2 plekke uitgebrei word.

Kontak Ellen by 011 972 0003, 072 594 9050 of [email protected]

4

Page 5: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

John Francis David Shaul - VC MSM

“On the 11th December, 1899, during the Battle Of Magersfontein, Corporal Shaul was observed (not only by the Officers of his own battalion but by several Officers of other regiments) to perform several specific acts of bravery. Corporal Shaul (photo right) was in charge of stretcher-bearers; but at one period of the battle he was seen encouraging men to advance across the open field. He was most conspicuous during the day in dressing men’s wounds, and in one case he came, under a heavy fire, to a man who was lying wounded in the back, and, with the utmost coolness and deliberation, sat down beside the wounded man and proceeded to dress his wound. Having done this, he got up & went quietly to another part of the field. This act of gallantry was performed under a continuous and heavy fire as coolly and quietly as if there had been no enemy near”. This was the citation for the award of the Victoria Cross to Corporal John Francis David Shaul of the Highland Light Infantry. He was decorated at Pietermaritzburg on 11th August, 1901 by HRH The Duke of York (the future King George V). John was born on 11th September 1873 to Sergeant John Shaul, 2nd battalion, Royal Scots and Hanna Matilda Shaul, of Windsor Terrace, South Lynn, Norfolk, England. He had two sis-ters, Elizabeth and Rose and a brother, Francis. He joined the 1st battalion, Highland Light Infantry in 1888 and was duly promoted to Corporal. He served in Malta and then in India where he saw service during 1897-98 in the Punjab Frontier, Samana and the Tirah Campaigns. He then fought in Crete in 1898. His regiment’s next posting was South Africa, where he fought in the Boer War and, during which, won his VC at Magersfontein, south of Kimberley. He was later promoted Band Sergeant. His regiment was subsequently posted to Egypt, where he was serving in early 1903. He next served in Khartoum, Sudan in 1904. He then returned to India and in October 1909 left his regiment while serving at Lucknow. He returned to South Africa in 1910 where he worked on the East Rand Proprietary Mines (ERPM) in Boksburg. He shortly thereafter joined the Imperial Light Horse and became their Bandmaster. During World War I he served with the 5th South African infantry in East Africa. He was invalided home when he contracted dysentery. He retired from ERPM in 1948. For 27 years he served as Bandmaster with the Boksburg Military Band which was founded in 1912 and gave over 800 performances. The band had the honour to entertain the Prince of Wales (later Edward VIII) and Prince George (later Duke of Kent) during their visits to Boks-burg. In addition, he was Bandmaster of the Boksburg Brass Band, which played to visitors from all over the reef during its 36 years of perfor-mances at Boksburg Lake. He married Ester Maria McNally in Aliwal North on 14th July 1902. He had three sons, John Richard “Jack”, Francis “Frank” David & Thomas James He was quite selfless: he gave up the payments to which he was entitled for his awards (£25 a year for the VC and £10 a year for the MSM). Only after 38 years of earning his own living and going on a pension which proved inadequate, did he finally begin claiming the annual pay-ments which had been his due for so long. John Francis David Shaul died in Boksburg on 14th September 1953 and is buried in the old cemetery.

Display of medals won by Sergeant JFD Shaul (read from left to right & top to bottom):

5

Victoria Cross 1899 Queen’s SA Medal (1899-1902) + 3 clasps

King’s SA Medal (1901-1902) + 2 clasps 1914-1915 Star

British War Medal Victory Medal

King George VI Coronation Medal (1937) Long Service & Good Conduct Medal

Meritorious Service Medal

Page 6: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Newsflashes/Nuusflitse

New library additions/nuwe biblioteek aanwinste - February/Februarie

6

Joubert, P G

Die Jouberts in Suid-Afrika. 1688 – 2013. Volume 1

Joubert, P G

Die Jouberts in Suid-Afrika. 1688 – 2013. Volume 2

Athiros, Gabriel and Louise, comp & ed

The Cape Oddessey. A Selection of first Occurences at the Cape

and other great Stories. No 6

Who’s Who of Southern Africa 1985, including Mauritius

68th Edition

Who’s Who of Southern Africa, including Mauritius

1990-1991 Edition

Who’s Who of Southern Africa 1992-1993, including Mauritius

85th Edition

Page 7: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Newsflashes/Nuusflitse (continued/vervolg)

Janet Kalis, antropoloog aan die Rhodes-Universiteit, by Scifest Africa. (Foto: Elsabé Brits) Grahamstad. – Genetika het nou vir die eerste keer bewys dat Europese mans en ’n Asiër wat in die 1700’s skeepsrampe aan die Wildekus oorleef het, wel die stamvaders van ten minste twee Xhosa-stamme is. Omdat die mans die stamvaders was, het hulle in mondelingse tradisie en tradisionele geloof behoue gebly en is hulle steeds deel van die stamme se musiek en rituele. In prysgesange word die “wit voorsate van oor die see” geprys. Janet Kalis, antropoloog aan die Rhodes-Universiteit (foto regs), het hier op Scifest Africa vertel hoe sy op ’n dag in Pondoland op ’n man afgekom het wat aan haar gesê het: “Ons is neef en niggie.” Dit het haar aangespoor om die bekende stories oor skipbreukelinge wat by die Xhosa gaan bly het, verder te ondersoek. Die genetika bewys nou die verhaal van die bekende Bessie, wat volgens oorlewering op 7-jarige ouderdom saam met twee Europese mans uitgespoel het nadat hul skip gesink het. Bessie is in omstreeks 1780 gevind toe daar na die oorlewendes van ’n ánder skip wat gesink het, gesoek is. Sy was toe al ’n bejaarde vrou. Die twee Europese mans wat saam met Bessie deur die AmaBomvana ingeneem is, is bekend as Hatu en Jekwa (die Xhosa-name wat aan hulle gegee is). Die Amabomvana was een van 12 groot stamgroepe wat ten tyde van die skeepswrak tydelik in Pondoland gebly het. Volgens Kalis is Hatu en Jekwa die stamvaders van wat deesdae die AbeLungu (“wit mense” in Xhosa) is. “Genetiese toetse het gewys hulle het duisende nasate,” het Kalis gesê. Die mans wat aan Hatu verwant is, het 71,43% Europese-DNS op hul Y-chromosoom en die mans wat aan Jekwa verwant is, 80,56%. Die DNS kon opgespoor word in die merkers van herkoms in die Y-chromosoom wat ’n pa na sy seuns oordra. ’n Ander stam, die AmaMolo (“hello” in Xhosa), se stamvaders was twee skipbreukelinge met die Xhosa-name Bhayi en Pita. Die DNS het nou getoon Pita was ’n Asiër en sy manlike nasate dra vandag 80% van sy DNS op hul Y-chromosoom. Bhayi was van Eura-siese afkoms en 77% van sy DNS is vandag steeds opspoorbaar. Daar word sterk vermoed dat hy ook ’n Asiër was. Daar moet nog baie sulke gevalle gewees het, maar dié stories kon nagegaan word omdat hulle hul eie stamme gevestig het en dit bewaar is in die prysgesange en verhale, het Kalis gesê. Indien die mense tot die Christelike geloof bekeer is, sou dit verlore gegaan het.

Dr Andrew Kok

7

Page 8: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Newsflashes/Nuusflitse (continued/vervolg)

New Members

A hearty welcome to the following new members:

Sylvia Boshoff, Hermanus (transferred from eGGSA branch)

Gustav Panzegrouw, Fishhoek

Germarie Vermeulen, Bellville

John Vorster, Cape Town Central

Douglas Reid, Parow

Dear Member,

If you have not yet renewed your memberships for 2016, please do so as soon as possible. Renewals can be done electronically or by cash payment at any of our monthly meetings. For new membership forms, please contact Paul le Roux at [email protected].

Our banking details are as follows:

Account Name: Genealogical Society

Bank Name: Nedbank Limited

Branch Number: 198765 (for Standard Bank Internet Banking, add two zeroes at the end)

Account Number: 1039053688

To all our Members who bring eats and snacks along to our monthly meetings. Evidently these eats are extremely tasty and wel-come, as they disappear at a phenomenal rate leaving the tables bare in next to no time!

Special mention must be made of the following stalwarts who catered for us at the January, February and March meetings (in no particular order):

Piet & Antoinette Bouwer Shirley du Plessis Edna & Russell Hudson Simone Kay Andrew Kok

Paul le Roux June McKinnon Graham & Gerty Leask Vida & George Munro Pauline Swanepoel

Cillie du Bruyn Rini Scheffler Ria van den Heever Pam & Phil Beck Regina & Anton Verwey

Engela van Dyk David de Klerk

PS Please advise the Editors if your name does not appear above, or if we have misspelled your name!

Please remember the Genealogical Society is YOUR society. We, the Committee, depend on you to help to grow the branch by at-tending meetings, by telling your friends about us and by giving us feedback about what direction/s you would like to see the branch take. Constructive ideas regarding the content and nature of the meetings are always very welcome. Thoughts about tours and excursions will also be welcomed.

The Committee members are all volunteers and are not necessarily knowledgeable regarding the hows, wheres and whys of branch

get-togethers. That is why YOUR contribution is not only welcome but essential to the branch’s continued growth and success.

8

Page 9: Uitgawe/Issue 2016/1 Message from the Editors - GSSA WCgssawc.co.za/wp-content/uploads/2018/07/nuusbrief-2016-1.pdfGSSA Archive Tours 1. Western-Cape from Northern Provinces 21-26

Genealogical Humour

9